Grensloos (Trade Paperback)
Grensloos (Trade Paperback)
Sabine Maartens is nie iemand wat getem kan word nie. N pynlike jeugjare het sy haar eie weg gebaan as vlienier in Botswana, maar daar is altyd die risiko dat haar onblusbare drang om wilde diere te beskerm haar aan...
Quantity:
Categories :
Sabine Maartens is nie iemand wat getem kan word nie. N pynlike jeugjare het sy haar eie weg gebaan as vlienier in Botswana, maar daar is altyd die risiko dat haar onblusbare drang om wilde diere te beskerm haar aan die verkeerde kant van die reg kan laat beland.
Haar pad het jare gelede kortstondig gekruis met di van Max Krige, ‘n eks-Interpolagent wat deesdae ‘n top-onderhandelaar is vir ‘n internasionale sekuriteitsmaatskappy en toe het die vonke gespat.
Nou bevind Sabine haar in ‘n lewensgevaarlike situasie as een van die gyselaars wat uit die deltagebied weggevoer word. Reeds is ‘n bloedspoor agtergelaat. Kan Max verdere lewensverlies verhoed?
Dit voel asof die noodlot hierdie omstandighede bestem het, want Max weet dit is nie ‘n situasie waar hy koel en berekend kan optree nie. Sy hart vertel hom dit.
Grensloos is ‘n boeiende roman, propvol spanning en intrige, asook die meesleurende karakterverhoudings waarvoor Wilna Adriaanse so geliefd is.
There are no reviews yet.