Die Swye van Mario Salviati (Paperback)
Die Swye van Mario Salviati (Paperback)
Ingi Friedlnder, 'n jong, gefrustreerde kunstenaar wat by 'n kunsmuseum in Kaapstad werk, word gestuur om 'n gesogte beeldhouwerk op die dorpie Tallejare aan die rand van die Moordenaarskaroo te probeer koop.Tydens haar verblyf word sy geboei deur stories uit...
Quantity:
Categories :
Ingi Friedlnder, ‘n jong, gefrustreerde kunstenaar wat by ‘n kunsmuseum in Kaapstad werk, word gestuur om ‘n gesogte beeldhouwerk op die dorpie Tallejare aan die rand van die Moordenaarskaroo te probeer koop.
Tydens haar verblyf word sy geboei deur stories uit die verlede; stories oor water wat opdraand loop, oor fabelagtige rykdom uit volstruisvere, en oor Goudseput, waar die verdwene Kruger-ponde glo begrawe l. Sy ontrafel ook meer as een liefdesgeskiedenis, soos di van die flambojante Meerlust Bergh en sy beeldskone Indonesiese prinses, en die hartseer verhaal van Mario Salviati en die onaansienlike Edit Aandra met haar wondermooi sangstem.
Ingi self raak bevriend met die kunstenaar Jonty Jack, wat soos ‘n kluisenaar in die berg woon. Sy ervaar ook ‘n diep aangetrokkenheid tot die doofstom Mario Salviati, die Italiaanse klipsnyer wat ‘n groot geheim met hom saamdra.
Die swye van Mario Salviati loop ‘n wye, meevoerende draai – van die vroegste pioniersgeskiedenis af, deur oorlo en ontbering, die volstruisveertydperk en die koms van Italiaanse krygsgevangenes in die Tweede Wreldoorlog, tot by die hedendaagse Suid-Afrika.
Dis ‘n roman oor gierigheid en verswe skande; oor die verlede as gevangenis; oor mense wat onder hul andersheid ly. Dit is ook ‘n roman oor kunstenaarskap en oor bevryding.
There are no reviews yet.