Tweedehandse lewe, ‘n
Tweedehandse lewe, ‘n
'n Nuwe begin vir almal ...Dokter Carla Nel is vir die eerste keer in baie lang tyd enkellopend. Nou maak sy planne om die stukke van haar lewe so gou moontlik op te tel en haar grootste droom te bewaarheid....
Quantity:
Categories :
‘n Nuwe begin vir almal …
Dokter Carla Nel is vir die eerste keer in baie lang tyd enkellopend. Nou maak sy planne om die stukke van haar lewe so gou moontlik op te tel en haar grootste droom te bewaarheid. Sy koop praktyk en huis op die kusdorpie, Soutstrand, wat albei net soveel restourasie as haar lewe nodig het. Kobus Retief is enkelouer met meer hooi op sy vurk as wat hy kan hanteer, maar wanneer hy moet help om die nuwe dokter se praktyk en sommer ook haar huis op te knap, herinner iets hom dat hy man ook is. Carla se planne sluit egter nie man in nie en Kobus kan haar niks anders as tweedehandse lewe bied nie. Tog laat die liefde hom nie keer nie en voor Carla hom kan stop, restoureer Kobus haar vervalle hart en word sy deel van lewe wat haar wildste drome oortref.
Met ‘n Tweedehandse lewe beweeg Didi Potgieter weg van haar Harte-reeks en gee weer ‘n nuwe blik op liefde. Die verhaal ondersoek verhoudings tussen ouer mense wat reeds ervaring van die lewe het. Mediese romanses is baie populr en die hoofkarakter hier is ‘n dokter.
There are no reviews yet.