Onthou Is Die Dag Wat Breek (Paperback)
Onthou Is Die Dag Wat Breek (Paperback)
Lina Spies is een van die bekendste en mees geliefde Afrikaanse digters met n goue oes van ikoniese gedigte soos Op die dood van Ritte, n Paternoster vir Suid-Afrika, Lied van die kinders en Rembrandt.Ons is oortuig dat die eerbaarste...
Quantity:
Categories :
Lina Spies is een van die bekendste en mees geliefde Afrikaanse digters met n goue oes van ikoniese gedigte soos Op die dood van Ritte, n Paternoster vir Suid-Afrika, Lied van die kinders en Rembrandt.
Ons is oortuig dat die eerbaarste eerbetoning betuig word deur die posie van mededigters.
Die bundeltitel is ontleen aan n versrel uit een van Spies se verse, naamlik Kringloop (opgeneem in Sulamiet, 2016) en dui op die samevoeging tussen herinnering en voortsetting. In elkeen van die vier en vyftig opgenome gedigte is sprake van aanknopingspunte. Sommige verse tree op n duidelik aantoonbare wyse in gesprek met spesifieke gedigte van Spies. Benewens direkte ruggespraak sluit sommige verse ook op n subtieler en wyer omskrewe wyse aan by tematiese kodes in Spies se repertoire soos kinders, katte, kunstenaarskap en die dood.
Ons hoop dat hierdie huldigingsbundel posielesers sal aanmoedig om met hernude belangstelling die digkuns van Lina Spies te verken en haar blywende impak op die Afrikaanse digkuns in onskou te neem.
There are no reviews yet.