Search

Shopping cart

No products in the cart.

Klein Konings (Paperback)

Klein Konings (Paperback)

(0 reviews)
Price: $13.92 $17.4
SKU: #QS36501039986
Availability: In stock

Min weet die staatsamptenare Pixley en Joubert wat op hulle wag toe Minister hulle na n vergadering genaamd Removal of Monuments ontbied. Di twee amptenare se agtergrond is so uiteenlopend soos kan kom: Pixley is afkomstig van die Zoeloe-adelstand, terwyl...

Quantity:

Min weet die staatsamptenare Pixley en Joubert wat op hulle wag toe Minister hulle na n vergadering genaamd Removal of Monuments ontbied. Di twee amptenare se agtergrond is so uiteenlopend soos kan kom: Pixley is afkomstig van die Zoeloe-adelstand, terwyl Joubert glo van sy betoorgrootmoeder se kant afstam van generaal Piet Joubert. Minister se opdrag: Al die apartheid- en koloniale standbeelde, simbole en monumente moet verskuif word.

Pixley en Joubert moet deur die land reis en die ongewenste monumente besoek, die situasie evalueer, en dan met n plan vorendag kom oor hoe dit gedoen sal word. Die tydsberekening vir die toer is nie goed vir Joubert nie: Sy siek pa (Pompies, wat op sy dag n waterwyser was) trek by hom en sy vrou, Alet, in. Alet is n medium en nou met Pompies in die huis, maak Joubert se ma se gees ook haar verskyning. Ook vir Pixley is die tyd nie eintlik gele nie: hy is nie seker waar hy staan met sy droomvrou, Memory, nie.

Soos wat Pixley en Joubert vorder met hulle toer op soek na n geskiedenis waarvan sommiges eerder wil vergeet, kom besoek hulle persoonlike geskiedenisse hulle ook. Geheime word onthul, maar nog meer vrae en raaisels ontstaan.

There are no reviews yet.