Die Hart Van ‘n Ma (Paperback)
Die Hart Van ‘n Ma (Paperback)
n Boek oor mas. Vir mas. Deur n ma.Die dag wanneer jy n ma word, verander jou lewe ingrypend ... en vir ewig.Gebaseer op die joernalis Danilla van Heerden se gewilde podsending n Ma & n Mikrofoon (met meer as...
Quantity:
Categories :
n Boek oor mas. Vir mas. Deur n ma.
Die dag wanneer jy n ma word, verander jou lewe ingrypend … en vir ewig.
Gebaseer op die joernalis Danilla van Heerden se gewilde podsending n Ma & n Mikrofoon (met meer as 100 episodes as inspirasie) is n keur van di gesprekke nou verwerk in geskrewe vorm: eerlik, inspirerend en eg Suid-Afrikaans.
In di bundel word ouerskap en al die verskillende fases daarvan gevier en bespreek: die onsekerheid van n eerste swangerskap tot die opwinding en chaos van n pienkvoet in die huis. Die uitdagings van die tienerjare tot die heimwee van n le nes. Jy gaan die ouerskapstories hoor van uiteenlopende bekende mas (soos die aktrises Simon Pretorius en Lindie Strydom en politikus Helen Zille) maar ook leer by minder bekende, maar ewe merkwaardige vroue.
Hulle sluit in Tina van Deventer (n ma van twaalf kinders!), Tarryn Bell (wat sterwende kinders versorg) en Shani Little (n ma wat geweier het dat blindheid of borskanker haar stuit.)
Di bundel is die ideale geskenk vir Moedersdag, n ooievaarstee of vir enige vriendin en ma wat soms net moet onthou: Jy is nie alleen nie.
There are no reviews yet.