Aanstap Boere (Trade Paperback)
Aanstap Boere (Trade Paperback)
Voor Max du Preez as joernalis bekend en omstrede geword het, was hy doodgewone kaalvoet Boerseun van die Vrystaat, die kleinseun van Boereoorlog-krygers en lid van die Kinderkrans.As verslaggewer by Beeld leer ken hy die binnekamers van Afrikanermag en meng...
Quantity:
Categories :
Voor Max du Preez as joernalis bekend en omstrede geword het, was hy doodgewone kaalvoet Boerseun van die Vrystaat, die kleinseun van Boereoorlog-krygers en lid van die Kinderkrans.
As verslaggewer by Beeld leer ken hy die binnekamers van Afrikanermag en meng met groot kokkedore soos John Vorster en Vlok. Hy doen ook verslag uit Soweto. Op n dag begin klippe spat. Skielik hoor hy skote. Die datum is 16 Junie 1976 . . .
Du Preez ondersoek in di rou relaas die laaste 50 jaar. Hoe kon kerkmense, sy eie pa inkluis, apartheid steun, hoe het dit verander, en wat gaan vandag aan met Afrisol?
Die boek is heerlik leesbaar, onthutsend, krities ook teenoor homself en vol staaltjies; van PW se mauser, Lang Hendrik se uitbarsting, en ontbyt met Kaunda tot die (swak) sing van Sarie Marais vir Sankara.
Dan was daar ook die keer toe n informant Max met n RPG dwing om peermampoer af te sluk.
There are no reviews yet.